top of page




Die wêreld van Jong Volwassenes (18-30 Jariges )
Grootmens-wees gebeur nie oornag nie Daar is ’n vreemde fase in die lewe waar jy tegnies ’n volwassene is, maar nie altyd soos een voel nie. Jy kan stem, kontrakte teken, jou eie geld bestuur en self jou doktersafsprake maak. Tog Google jy steeds: “Hoe lank hou hoender in die yskas?” of bel iemand omdat daar skielik ’n vreemde liggie op jou motor se paneelbord brand. Welkom by jong volwassenheid. Ons praat soms oor jong volwassenes asof hulle nie wil grootword nie. Ons sien i
Janine Bevolo-Manders
7 hours ago2 min read


DIE GAWE OM TE KAN LUISTER
Vyf praktiese maniere om beter te luister Goeie luister klink mooi in teorie, maar hoe lyk dit in ’n werklike gesprek? Begin deur na jouself te luister. Vra wat binne jou gebeur. Voel jy haastig, verdedigend of ongemaklik? Probeer jy die kerk, die ouers of jouself verdedig? Formuleer jy reeds raad? Wanneer ons ons eie interne geraas raaksien, kan ons dit vir ’n oomblik eenkant toe skuif. Luister daarna na die inhoud én die konteks. Wanneer iemand sê: “Ek gaan nie meer kerk to
Janine Bevolo-Manders
2 days ago1 min read


DIE GAWE OM TE KAN LUISTER
Moenie die glasmuur probeer breek nie Sommige jong volwassenes het geleer om hulleself agter ’n onsigbare glasmuur te beskerm. Daardie muur kan soos sinisme, sarkasme, stilte of kort antwoorde lyk. Dit kan klink soos: “Ek is okay,” “Dit maak nie saak nie,” of “Ek het niemand nodig nie.” Van buite af kan hierdie gedrag ongeskik, rebels of ongeïnteresseerd lyk. Maar soms vertel dit ’n ander verhaal. Die persoon het dalk seergekry. Hulle vrae is moontlik as opstandigheid afgemaa
Janine Bevolo-Manders
2 days ago1 min read


DIE GAWE OM TE KAN LUISTER
Konnekteer voordat jy korrigeer Baie volwassenes het ’n ingeboude korreksie-knoppie. Sodra ’n jongmens iets sê wat ons bekommer, begin die waarskuwingsligte flikker. “Ek weet nie of ek meer glo nie.” “Ek wil nie meer kerk toe gaan nie.” “Ek is kwaad vir God.” Ons eerste reaksie is dikwels om te verduidelik waarom hulle verkeerd is. Ons wil ’n Bybelvers aanhaal, hulle waarsku of vinnig ’n oplossing aanbied. Ons bedoeling is dalk goed, maar ons reaksie kan die gesprek beëindig
Janine Bevolo-Manders
2 days ago1 min read
LIVE LIGHT LEEF LIG
with Janine Bevolo-Manders
bottom of page