top of page


Die wêreld van Jong Volwassenes (18-30 Jariges )
Grootmens-wees gebeur nie oornag nie Daar is ’n vreemde fase in die lewe waar jy tegnies ’n volwassene is, maar nie altyd soos een voel nie. Jy kan stem, kontrakte teken, jou eie geld bestuur en self jou doktersafsprake maak. Tog Google jy steeds: “Hoe lank hou hoender in die yskas?” of bel iemand omdat daar skielik ’n vreemde liggie op jou motor se paneelbord brand. Welkom by jong volwassenheid. Ons praat soms oor jong volwassenes asof hulle nie wil grootword nie. Ons sien i
Janine Bevolo-Manders
3 days ago2 min read


DIE GAWE OM TE KAN LUISTER
Vyf praktiese maniere om beter te luister Goeie luister klink mooi in teorie, maar hoe lyk dit in ’n werklike gesprek? Begin deur na jouself te luister. Vra wat binne jou gebeur. Voel jy haastig, verdedigend of ongemaklik? Probeer jy die kerk, die ouers of jouself verdedig? Formuleer jy reeds raad? Wanneer ons ons eie interne geraas raaksien, kan ons dit vir ’n oomblik eenkant toe skuif. Luister daarna na die inhoud én die konteks. Wanneer iemand sê: “Ek gaan nie meer kerk to
Janine Bevolo-Manders
5 days ago1 min read


DIE GAWE OM TE KAN LUISTER
Moenie die glasmuur probeer breek nie Sommige jong volwassenes het geleer om hulleself agter ’n onsigbare glasmuur te beskerm. Daardie muur kan soos sinisme, sarkasme, stilte of kort antwoorde lyk. Dit kan klink soos: “Ek is okay,” “Dit maak nie saak nie,” of “Ek het niemand nodig nie.” Van buite af kan hierdie gedrag ongeskik, rebels of ongeïnteresseerd lyk. Maar soms vertel dit ’n ander verhaal. Die persoon het dalk seergekry. Hulle vrae is moontlik as opstandigheid afgemaa
Janine Bevolo-Manders
5 days ago1 min read


DIE GAWE OM TE KAN LUISTER
Konnekteer voordat jy korrigeer Baie volwassenes het ’n ingeboude korreksie-knoppie. Sodra ’n jongmens iets sê wat ons bekommer, begin die waarskuwingsligte flikker. “Ek weet nie of ek meer glo nie.” “Ek wil nie meer kerk toe gaan nie.” “Ek is kwaad vir God.” Ons eerste reaksie is dikwels om te verduidelik waarom hulle verkeerd is. Ons wil ’n Bybelvers aanhaal, hulle waarsku of vinnig ’n oplossing aanbied. Ons bedoeling is dalk goed, maar ons reaksie kan die gesprek beëindig
Janine Bevolo-Manders
5 days ago1 min read


DIE GAWE OM TE KAN LUISTER
Wat Jesus ons oor luister leer Wanneer ons wil leer om beter te luister, begin ons nie noodwendig by ’n kommunikasietegniek nie. Ons kan by Jesus begin. Jesus het geweet wat in mense se harte aangaan, maar Hy het steeds vrae gevra. Hy het nie altyd onmiddellik verduidelik, reggestel of raad gegee nie. Hy het mense die ruimte gegee om hulle eie stories, pyn en behoeftes te verwoord. Dink aan die Emmausgangers. Jesus het presies geweet wat in Jerusalem gebeur het, maar Hy het n
Janine Bevolo-Manders
5 days ago1 min read


Die Kuns om te Luister
Luister jy om te verstaan of luister jy om te antwoord? Hoe goeie luisteraar is jy werklik? Die meeste van ons dink ons luister redelik goed. Ons knik, maak oogkontak en sê op die regte plekke: “Mmm…” en “Ek verstaan.” Ons sit selfs ons selfoon onderstebo op die tafel om te wys dat ons aandag gee. Maar terwyl die ander persoon nog praat, gebeur daar dikwels iets anders in ons gedagtes. Ons begin reeds oplossings formuleer. Ons dink aan raad wat ons kan gee, ’n soortgelyke erv
Janine Bevolo-Manders
Aug 72 min read


Waarom Jong volwassenes die kerk verlaat
Waarheid, genade en die moed om te luister Sommige van die redes waarom jong volwassenes van die kerk af wegdryf, is ongemaklik om te bespreek. Hulle ervaar die kerk soms as onderdrukkend, eksklusief en onveilig vir mense wat twyfel. Ons hoef nie met elke persepsie saam te stem nie. Maar wanneer ’n groot groep jong volwassenes dieselfde ervarings verwoord, moet ons bereid wees om te luister. Meer as net “moenie” Vir baie jong volwassenes voel dit asof die kerk net een woord o
Janine Bevolo-Manders
Jul 304 min read


Waarom Jong volwassenes die kerk verlaat
Jy hoef nie jou brein by die kerkdeur te los nie Baie jong volwassenes voel dat hulle ’n onmoontlike keuse moet maak. Óf ek hou my geloof, óf ek hou my brein. Óf ek dra ’n Bybel, óf ek dra ’n wit laboratoriumjas. Óf ek glo in God, óf ek neem wetenskap ernstig op. Maar dit is ’n valse keuse. Jy hoef nie jou brein by die kerkdeur af te gee om ’n gelowige te wees nie. ’n Wêreld van navorsing en tegnologie Jong volwassenes leef en werk in ’n wêreld van medisyne, tegnologie, data,
Janine Bevolo-Manders
Jul 303 min read


Waarom dryf jong volwassenes weg van die Kerk?
’n Geloof wat sterk genoeg is vir Maandag Baie jong volwassenes sê nie noodwendig dat die kerk vals is nie. Hulle sê eerder dat die kerk soms vlak voel. Die boodskappe is positief. Die musiek is mooi. Die mense is vriendelik. Maar wanneer die werklike lewe swaar word, weet hulle nie altyd hoe dit wat hulle Sondag gehoor het, hulle Maandag moet help nie. Hulle hoor dalk boodskappe soos: Wees ’n goeie mens. God wil hê jy moet gelukkig wees. Bid wanneer jy probleme het. Gaan ker
Janine Bevolo-Manders
Jul 304 min read


Hoekom dryf jong volwassenes weg van die kerk?
Wanneer beskerming ’n borrel word “Ry veilig.” “Laat weet wanneer jy daar aankom.” “Sit jou live location aan.” “Moenie jou drankie alleen los nie.” “Bel wanneer jy uitgaan. Bel wanneer jy terugkom. Bel sommer net, want ek raak nou bekommerd.” Ouers sê hierdie dinge omdat hulle lief is vir hulle kinders. Ons weet die wêreld kan gevaarlik wees en ons wil beskerm wat vir ons kosbaar is. Maar soms skuif hierdie beskermingsdrang ongemerk oor na geloof. Dan wil ons jongmense nie n
Janine Bevolo-Manders
Jul 303 min read


Waarom dryf jong volwassenes van die kerk af weg?
Vir baie ouers, predikante en jeugwerkers is dit nie bloot ’n interessante navorsingsvraag nie. Dit is persoonlik. Dit is jou kind wat eens met groot entoesiasme kategese bygewoon het, maar nou nie meer kerk toe wil gaan nie. Dit is jou kleinkind wat op ’n kamp ’n geloofsbesluit geneem het, maar vandag sê dat geloof nie meer vir hom of haar belangrik is nie. Dit is daardie jongmens wat eens betrokke was, vrae gevra en gedroom het, maar nou stilweg op ’n afstand staan. Ons eer
Janine Bevolo-Manders
Jul 304 min read


Redes waarom Jongmense skynbaar van die kerk af wegdryf
Wanneer beskerming ’n borrel word “Ry veilig.” “Laat weet wanneer jy daar aankom.” “Sit jou live location aan.” “Moenie jou drankie alleen los nie.” “Bel wanneer jy uitgaan. Bel wanneer jy terugkom. Bel sommer net, want ek raak nou bekommerd.” Ouers sê hierdie dinge omdat hulle lief is vir hulle kinders. Ons weet die wêreld kan gevaarlik wees en ons wil beskerm wat vir ons kosbaar is. Maar soms skuif hierdie beskermingsdrang ongemerk oor na geloof. Dan wil ons jongmense nie n
Janine Bevolo-Manders
Jul 163 min read


Redes waarom jongmense die kerk skynbaar verlaat
Waarom dryf jong volwassenes van die kerk af weg? Vir baie ouers, predikante en jeugwerkers is dit nie bloot ’n interessante navorsingsvraag nie. Dit is persoonlik. Dit is jou kind wat eens met groot entoesiasme kategese bygewoon het, maar nou nie meer kerk toe wil gaan nie. Dit is jou kleinkind wat op ’n kamp ’n geloofsbesluit geneem het, maar vandag sê dat geloof nie meer vir hom of haar belangrik is nie. Dit is daardie jongmens wat eens betrokke was, vrae gevra en gedroom
Janine Bevolo-Manders
Jul 164 min read


Jong Volwassenes: Geloof en die kerk
Drie vrae wat in die hart van jong volwassenes leef Agter baie van die gesprekke, keuses en worstelings van jong volwassenes lê drie diep vrae: Wie is ek? Waar pas ek in? Watter verskil maak ek? Hierdie vrae klink eenvoudig, maar hulle raak aan identiteit, behoort en betekenis. Die antwoorde wat jong volwassenes hierop vind, beïnvloed hoe hulle hulleself, ander mense, die kerk en selfs God verstaan. Wie is ek? Die digitale wêreld vertel jong volwassenes voortdurend dat hulle
Janine Bevolo-Manders
Jul 132 min read


Jong Volwassenes: Geloof en die Kerk
Waarom neem dit vandag langer om “groot te word”? In vorige generasies het die pad na volwassenheid dikwels eenvoudig gelyk. Jy het skool klaargemaak, begin werk, getrou, ’n huis gekoop en kinders gehad. Hierdie mylpale het gewoonlik redelik vroeg en in ’n voorspelbare volgorde plaasgevind. Vandag lyk die pad baie anders. Baie jong volwassenes studeer langer, verander meer gereeld van loopbaan, bly langer by hulle ouers en bereik eers later finansiële onafhanklikheid. Vaste w
Janine Bevolo-Manders
Jul 132 min read


Jong Volwassenes: Geloof en die kerk
Wat beteken dit om in ’n “Digitale Babilon” te leef? In die Ou Testament lees ons van Daniël en sy vriende wat uit Jerusalem weggevoer en in Babilon geplaas is.Jerusalem was die plek waar hulle geloof gevorm is. Daar was hulle families, tradisies en geloofsgemeenskap. In Babilon het alles anders gelyk: die taal, waardes, gebruike, gode en verwagtinge. Hulle nuwe omgewing het voortdurend probeer om hulle identiteit te hervorm. Daniël en sy vriende moes leer hoe om in daardie v
Janine Bevolo-Manders
Jul 132 min read


Jong Volwassenes, geloof en die Kerk
Jong volwassenes is nie net die kerk van môre nie Ons hoor dikwels dat kinders en jongmense “die kerk van môre” is. Dit klink mooi, maar dit dra ook ’n gevaarlike boodskap: dat jongmense se waarde hoofsaaklik lê in wat hulle eendag kan word. Jong volwassenes is egter nie net die kerk van môre nie. Hulle is deel van die kerk vandag. Hulle vra vandag vrae. Hulle beleef vandag pyn. Hulle het vandag gawes, idees, energie en ’n roeping. Hulle hoef nie eers ouer, meer gevestig of m
Janine Bevolo-Manders
Jul 132 min read


Jong Volwassenes, geloof en die Kerk
Jong Volwassenes, geloof en die Kerk: Om ’n Nuwe Generasie Beter te Verstaan Voor ons hulle probeer reghelp, moet ons hulle eers verstaan. Jong volwassenes is nie ’n probleem wat opgelos moet word nie. Het jy al ooit na ’n jong volwassene gekyk en gewonder: “Hoe op aarde werk hulle wêreld?” Dalk is jy ’n ouer wat probeer verstaan waarom jou kind anders oor werk, verhoudings, geloof en die toekoms dink as wat jy op dieselfde ouderdom gedink het. Dalk is jy ’n predikant, jeugwe
Janine Bevolo-Manders
Jul 132 min read


God maak van ‘n verleentheid ‘n geleentheid
Dag 5 God maak van ‘n verleentheid ‘n geleentheid Johannes 2:1-12 As daar nou een dag in ’n mens se lewe is wat jy graag wil hê alles moet perfek wees, dan is dit jou troudag. Vir die bruilofspaartjie in Kana was dit egter nie beskore nie. Die bruilofsfees was reeds goed op dreef toe alles skielik tot stilstand kom. Die rede? Die wyn was op! In die kulturele konteks van daardie dae was dit ’n absolute vernedering vir só iets om ’n bruidegom te tref. Ek dink, as ons na
Janine Bevolo-Manders
May 52 min read


God wat barah – skep uit niks
Dag 4 Genesis 1 en 2 Psalm 8 God wat barah – skep uit niks ‘n Groep wetenskaplikes het gesê: “Ons het God nie langer nodig nie. Ons kan selfs mense kloon en liggaamsdele maak.” God het geduldig geluister en toe gesê: “Goed, kom ons hou ‘n “mensmaak”- kompetisie soos in die dae van Adam.” Die wetenskaplikes het ingestem en afgebuk om vir hulleself ‘n handvol stof op te tel. God het geglimlag en gesê: “A, nee, a, kry jou eie stof.” Ons aanbid ‘n wonderlike God wat die
Janine Bevolo-Manders
May 52 min read

bottom of page

