top of page

Janine Bevolo-Manders - Wie is ek?

  • Writer: Janine Bevolo-Manders
    Janine Bevolo-Manders
  • Apr 22
  • 2 min read

Wie is ek?

Dis ‘n vraag waarmee ons seker almal van tyd tot tyd stoei: Wie is ek?

Ek wil nie net my beroep wees of vrou vir my man en ma vir my kinders nie. Ons is tog seker almal meer as dit.

Wie is ek as dit alles van my gestroop word? Dan is ek, ek. Net mens – maar belangrikste van alles wat my definieer is wie ek in Christus is – en dit is kind van God.

Ek is eintlik tevrede om daar te stop.

Dis wie Janine is – kind van God. Ek deel graag die hoop wat binne my leef, omdat die Here ook vir my ‘n tweede kans gegee het.


Vir ‘n bietjie meer agtergrond:

Ek is 29 jaar lank getroud met Jimmy Manders.

Ons het 2 kinders – Thomas (24 jaar oud) en Timonè (21 jaar oud)

Ek is 20 jaar lank al in die bediening.

Ek het vir amper 5 jaar die voorreg gehad om vir Vrouekeur weekliks ‘n rubriek te hanteer. Dit het my lief gemaak vir skryf, alhoewel ek my nie sal uitgee as ‘n skrywer nie.

Dit is vir my lekker om altyd opsoek te wees na woorde en verhale wat kan inspireer, opbou en hoop gee. My hoofbron van inspirasie is die Bybel, so gelukkig is die bron onuitputlik.

Ek deel graag woorde van hoop en inspirasie by skole en Vroue byeenkomste of waar ek ook al genooi word om te gesels.

Ek was al bevoorreg om op RSG en Pretoria FM dienste en oggend en aand-oordenkings waar te neem.

Ek bied graag Vrouekampe en Vroue Retreats aan. Ek wil graag mense inspireer nie, noodwendig motiveer.

Ek raak opgewonde oor mense wat positief en entoesiasties is, wat besef dis ons elkeen se verantwoordelikheid om die wêreld om ons ‘n beter plek te maak.


My motto is: “If you can’t do great things; do small things in a great way.”

 
 
 

Comments


bottom of page